Beste Louretha
Hiermee net ‘n klein gebaar om dankie te se vir jou ondersteuning, hulp en aanmoediging deurentyd met my behandeling! Ek het begin by jou met ongelooflike erge pyn, maar ek voel deesdae soos ‘n nuwe mens!
Voor die strek het ek letterlik ALS behalwe chirurgie probeer – Fisio, needling, sportmassergings, you name it! Die strek is inderdaad wonderlik.
Om aan mense oor te dra hoe goed die strek werklik werk, dit het my lewe verander! Ek kan weer saam my kinders hardloop en speel, staan soggens op sonder pyn en kan weer dinge waag – fisies. Ek het nie meer nodig om constant pynmedikasie te gebruik nie, aangesien ek nie meer pyn het nie. Wanneer ek wel iets “verkeerd” doen en pyn ervaar, kos dit my letterlik ‘n vinnig sessie by jou om weer als in plek te kry en nie maande se ongemak nie.
Ek bevel jou strekterapie letterlik vir almal aan! Die baat my algehele gesondheid!
Karen Ferreira