Hiermee wil ek graag net ‘n klein briefie skryf oor wat Strek terapie vir my seun beteken het. My seun het onlangs naby sy D5 werwel ‘n diskus herniasie sowel as ‘n annulus raptuur op gedoen a.g.v rugby. Na my seun se besering het ons deur ‘n vriendin se verwysing gegaan na StretchingSA Wonderboom vir behandeling.
Ek kan nie genoeg beskryf hoe strek terapie Aidan so vinnig laat herstel het nie. Louretha Jacobs was uiters professioneel en deeglik, sy het ook vir Aidan rehab huiswerk gegee om sy maagspiere te versterk wat self ‘n groot verskil gemaak het aan die herstel van sy rugspiere.
Ek sal StretchingSA en spesifiek Louretha Jacobs sterk aanbeveel.
Groete Adel Loubser